My oortuigings oor tienerswangerskap
My naam is Channel Van Der Meulen en ek is ‘n vier-en-twentig
jaar oud dame. Ek kom uit ‘n gemeenskap, waar tienerswangerskap ‘n groot
probleem is. Die naam van my gebied is Manenberg. Dit is ‘n gemeenskap met baie
min bevoorregtes en dit is so hartseer om jong dames te sien swanger word,
alhoewel hulle weet die omstandighede hulle in lewe.
Tienerswangerskap was altyd my gunsteling onderwerp, want ek
was ook ‘n tiener ‘n paar jaar gelede met die selfde uitdagings soos die
anders. Gelukkig het ek nie swanger geword nie. Ek het sekerlik geweet wat ek
van my lewe wil maak. Ek het goeie lewensvaardighede en dit het my so ver baie
in die lewe gehelp. Babas verander jou hele lewe en hulle het baie behoeftes.
Elke dag sien ek ‘n tiener swanger en dit pla my verskriklik
baie. Ek kan nie verstaan hoe tieners deesdaë nog swanger kan word nie, want
daar is so baie voorbehoedmiddels. Jy hoof nie met ‘n volwasse kliniek toe te
gaan nie en alles by die kliniek is vertroulik.
Ek voel dat tieners
meer verantwoordelik moet wees, want ‘n baba is nie ‘n pop nie, dit is verewig!