Tuesday, 23 September 2014

Bekendstelling- Persoonlike skryfstuk


                              My oortuigings oor tienerswangerskap
 
 
 

My naam is Channel Van Der Meulen en ek is ‘n vier-en-twentig jaar oud dame. Ek kom uit ‘n gemeenskap, waar tienerswangerskap ‘n groot probleem is. Die naam van my gebied is Manenberg. Dit is ‘n gemeenskap met baie min bevoorregtes en dit is so hartseer om jong dames te sien swanger word, alhoewel hulle weet die omstandighede hulle in lewe.

 

Tienerswangerskap was altyd my gunsteling onderwerp, want ek was ook ‘n tiener ‘n paar jaar gelede met die selfde uitdagings soos die anders. Gelukkig het ek nie swanger geword nie. Ek het sekerlik geweet wat ek van my lewe wil maak. Ek het goeie lewensvaardighede en dit het my so ver baie in die lewe gehelp. Babas verander jou hele lewe en hulle het baie behoeftes.


 
Elke dag sien ek ‘n tiener swanger en dit pla my verskriklik baie. Ek kan nie verstaan hoe tieners deesdaë nog swanger kan word nie, want daar is so baie voorbehoedmiddels. Jy hoof nie met ‘n volwasse kliniek toe te gaan nie en alles by die kliniek is vertroulik.

 
 Ek voel dat tieners meer verantwoordelik moet wees, want ‘n baba is nie ‘n pop nie, dit is verewig!

1 comment:

  1. Ek stem 100% saam!

    Let asb. op die volgende:

    1. twentig jaar oud dame - twintig jaar oue dame
    2. alhoewel hulle weet die omstandighede hulle in lewe. - ten spyte daarvan dat hulle weet wat hul omstandighede is
    3. soos die anders - as die ander
    4. so ver - sover
    5. deesdaë - deesdae (ae kry nooit 'n deelteken nie)
    6. hoof nie met ‘n volwasse kliniek - hoef nie saam met 'n volwassene kliniek...
    7. verewig - vir ewig

    ReplyDelete