Saturday, 4 October 2014

                                               
               
                                                            Beskrywende skryfstuk


Tienerswangerskap is 'n groot probleem. Dit breek my hart om 'n tiener swanger te sien, want 'n baba verander jou julle lewe. Daar is nie 'n word wat die bedrag verantwoordelikhede kan beskryf wat met 'n baba kom nie. Die eerste 6 tot12 maande van moederskap is nie maklik nie, jy weet nie of jy kom of gaan nie. Soms gaan die stryd nog aan tot die kind 2 jaar oud is.
Dit is verskriklik moeilik vir enige tiener om 'n baba groot te maak, want sy haarself  is nog 'n kind. Sodra die baba gebore word weet die tiener nie wat haar getref het nie. Dit is die begin van slapelose nagte en winde wat na elke voer uitgevryf moet word. Daar is ook nog baie meer komplikasies wat met 'n baba kom, veral vir 'n tiener.
As 'n tiener moeder moet jy emosioneel sterk wees. Onthou om 'n baba groot te maak is baie moeilik en daar is onmiddelik 'n vertraging aan die toekoms. Om 'n baba so jonk te het is nie 'n grap nie.
Eerstens, jy kan nie meer doen wat jy wil en wanneer jy wil nie. Tweedens, jy gaan baie van jou jong lewe uitmis. Laastens, jou vriende gaan aan met hulle lewe terwyl jy by die huis sit met 'n baba.
Om 'n moeder te wees is 'n voltydse werk. Dit is nie jou moeder se baba nie, dit is jou eie baba.
Jong dames daar buite, dit is hoe die lewe van 'n tierner moeder smaak.

Warm groete, tot volgende keer

No comments:

Post a Comment