Thursday, 9 October 2014

                            

                                  Verhalende skryfstuk


My klasmaat het swanger geraak in graad twaalf. Dit was die grootste skok van my lewe. Ek het geweet dat sy ‘n kêrel het, maar ek het nie geweet dat sy seksueel aktief was nie. Twee maande voor ons die finale eksamen skryf het sy vir my gesê dat sy drie maande swanger was. Ek was regtig teleurgesteld, want sy is ‘n ambisieuse meisie. Ek kon dit nie oor my hart kry nie. Regdeur ons skoolloopbaan was ons geleer om verantwoordelik te wees. In die vak lewensoriëntering was ons geleer om te onthou van seksuele omgang en om veilige seks te praktyk. Ek het haar gevra hoe dit gebeur het. Sy het my beantwoord met die volgende woorde, “dit het net een keer gebeur.” Kan jy dit glo? Een oomblik verander jou hele lewe! Jou hele lewe word verwoes as gevolg van een oomblik. L

Haar ouers was baie teleurgesteld in haar. My klasmaat wou nie meer skool toe gaan nie, tot haar moeder moed in haar gepraat het. Sy was skaam en sy het nie geweet hoe om ons vriende te sê nie. Die resultaat van die eksamen was nie goed nie en dit het veroorsaak dat sy graad twaalf misluk.

As sy wys was sal sy nie swanger geraak het nie en sy sal ook graad twaalf  geslaag het, maar sy kon nie konsentreer op die eksamen terwyl sy swanger was nie.
Tot volgende keer

1 comment: