O wat 'n ervaring!!
Die "blogging" proses was regtig 'n goeie ervaring.Ek het die blootstelling nodig gehad. In die begin van die jaar, terwyl ek deur die vakgids vir Afrikaans blaai, het ek gesien dat ek 'n 'blog' moet skep. Eerstens by daardie tyd was ek nie op datum met teknologie nie. Tweedens het ek myself gesê dat ek dit in September baie moeilik sal vind om 'n 'blog' te skep. September het opgedaag en my senuwees was klaar, die tyd het aangebreek om die 'blog' te skep. ;-()
Sodra ek met die blog begin het, het ek besef dat dit eintlik nie so moeilik was wat ek gedink het nie. Om op my 'blog' te skryf was baie indrukwekkend. Ek het al my vriende en familielede van my 'blog' vertel. Ek het dit vreeslik geniet en ek het nooit geweet dat dit so maklik sal wees om 'n blog te skep en te het nie. Ek sal enige iemand aanmoedig om 'n 'blog' te skep, want ons leer beter van mekaar.
Baie dankie
Mooi bly :-)
Tuesday, 14 October 2014
Thursday, 9 October 2014
Verhalende skryfstuk
My klasmaat het swanger geraak in graad twaalf. Dit was die
grootste skok van my lewe. Ek het geweet dat sy ‘n kêrel het, maar ek het nie
geweet dat sy seksueel aktief was nie. Twee maande voor ons die finale eksamen
skryf het sy vir my gesê dat sy drie maande swanger was. Ek was regtig
teleurgesteld, want sy is ‘n ambisieuse meisie. Ek kon dit nie oor my hart kry
nie. Regdeur ons skoolloopbaan was ons geleer om verantwoordelik te wees. In
die vak lewensoriëntering was ons geleer om te onthou van seksuele omgang en om
veilige seks te praktyk. Ek het haar gevra hoe dit gebeur het. Sy het my
beantwoord met die volgende woorde, “dit het net een keer gebeur.” Kan jy dit
glo? Een oomblik verander jou hele lewe! Jou hele lewe word verwoes as gevolg
van een oomblik. L
Haar ouers was baie teleurgesteld in haar. My klasmaat
wou nie meer skool toe gaan nie, tot haar moeder moed in haar gepraat het. Sy
was skaam en sy het nie geweet hoe om ons vriende te sê nie. Die resultaat van
die eksamen was nie goed nie en dit het veroorsaak dat sy graad twaalf misluk.
As sy wys was sal sy nie swanger geraak het nie en sy sal
ook graad twaalf geslaag het, maar sy
kon nie konsentreer op die eksamen terwyl sy swanger was nie.
Tot volgende keer
Saturday, 4 October 2014
Beskrywende skryfstuk
Tienerswangerskap is 'n groot probleem. Dit breek my hart om 'n tiener swanger te sien, want 'n baba verander jou julle lewe. Daar is nie 'n word wat die bedrag verantwoordelikhede kan beskryf wat met 'n baba kom nie. Die eerste 6 tot12 maande van moederskap is nie maklik nie, jy weet nie of jy kom of gaan nie. Soms gaan die stryd nog aan tot die kind 2 jaar oud is.
Dit is verskriklik moeilik vir enige tiener om 'n baba groot te maak, want sy haarself is nog 'n kind. Sodra die baba gebore word weet die tiener nie wat haar getref het nie. Dit is die begin van slapelose nagte en winde wat na elke voer uitgevryf moet word. Daar is ook nog baie meer komplikasies wat met 'n baba kom, veral vir 'n tiener.
As 'n tiener moeder moet jy emosioneel sterk wees. Onthou om 'n baba groot te maak is baie moeilik en daar is onmiddelik 'n vertraging aan die toekoms. Om 'n baba so jonk te het is nie 'n grap nie.
Eerstens, jy kan nie meer doen wat jy wil en wanneer jy wil nie. Tweedens, jy gaan baie van jou jong lewe uitmis. Laastens, jou vriende gaan aan met hulle lewe terwyl jy by die huis sit met 'n baba.
Om 'n moeder te wees is 'n voltydse werk. Dit is nie jou moeder se baba nie, dit is jou eie baba.
Jong dames daar buite, dit is hoe die lewe van 'n tierner moeder smaak.
Warm groete, tot volgende keer
Tuesday, 23 September 2014
Bekendstelling- Persoonlike skryfstuk
My oortuigings oor tienerswangerskap
My naam is Channel Van Der Meulen en ek is ‘n vier-en-twentig
jaar oud dame. Ek kom uit ‘n gemeenskap, waar tienerswangerskap ‘n groot
probleem is. Die naam van my gebied is Manenberg. Dit is ‘n gemeenskap met baie
min bevoorregtes en dit is so hartseer om jong dames te sien swanger word,
alhoewel hulle weet die omstandighede hulle in lewe.
Tienerswangerskap was altyd my gunsteling onderwerp, want ek
was ook ‘n tiener ‘n paar jaar gelede met die selfde uitdagings soos die
anders. Gelukkig het ek nie swanger geword nie. Ek het sekerlik geweet wat ek
van my lewe wil maak. Ek het goeie lewensvaardighede en dit het my so ver baie
in die lewe gehelp. Babas verander jou hele lewe en hulle het baie behoeftes.
Elke dag sien ek ‘n tiener swanger en dit pla my verskriklik
baie. Ek kan nie verstaan hoe tieners deesdaë nog swanger kan word nie, want
daar is so baie voorbehoedmiddels. Jy hoof nie met ‘n volwasse kliniek toe te
gaan nie en alles by die kliniek is vertroulik.
Ek voel dat tieners
meer verantwoordelik moet wees, want ‘n baba is nie ‘n pop nie, dit is verewig!
Monday, 22 September 2014
My oortuigings oor tienerswangerskap
My naam is Channel Van Der Meulen en ek is ‘n vier-en-twentig
jaar oud dame. Ek kom uit ‘n gemeenskap, waar tienerswangerskap ‘n groot
probleem is. Die naam van my gebied is Manenberg. Dit is ‘n gemeenskap met baie
min bevoorregtes en dit is so hartseer om jong dames te sien swanger word,
alhoewel hulle weet die omstandighede hulle in lewe.
Tienerswangerskap was altyd my gunsteling onderwerp, want ek
was ook ‘n tiener ‘n paar jaar gelede met die selfde uitdagings soos die
anders. Gelukkig het ek nie swanger geword nie. Ek het sekerlik geweet wat ek
van my lewe wil maak. Ek het goeie lewensvaardighede en dit het my baie so ver
in die lewe gehelp. Babas verander jou hele lewe heeltemal en hulle het baie
behoeftes.
Elke dag sien ek ‘n tiener swanger en dit pla my verskriklik
baie. Ek kan nie verstaan hoe tieners deesdaë nog swanger kan word nie, want
daar is so baie voorbehoedmiddels. Jy hoof nie met ‘n volwasse kliniek toe te
gaan nie en alles by die kliniek is vertroulik.
Ek voel net dat
tieners meer verantwoordelik mowt word, want ‘n baba is nie ‘n pop nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)